Orde: phasmatodea (stokinsekte/stick insects)
“Die wyfie le van 100 tot 1300 eiers op n sorgelose manier deur dit bloot op die grond te laat val. Omdat hulle min rondbeweeg, ontstaan die probleem dat n wyfie dikwels nie n mannetjie kan vind nie. Gevolglik is dit n algemene verskynsel by stokinsekte dat die wyfie kan voortplant sonder dat sy gepaar het, en soorte is selfs bekend waar mannetjies glad nie bestaan nie.” uit die boek “Ons eie insekte”