Nul, nil, zero, niks, nada, nothing

Studio news/blog

“Nul was nie altyd n getal nie.  Wel eintlik was dit, want sonder nul kan daar nie een wees nie.  Maar mense het dit nie altyd geweet nie, want as n mens tel, begin jy gewoonlik by een.  In Indie en China het hulle eers ongeveer 400vC die nul gebruik, en die Antieke Grieke het lank gedebatteer oor of nul regtig n getal is.  Vandag weet ons dat jy nie wiskunde kan doen sonder om die nul te gebruik nie, en sonder nul sou rekenaars nie geprogrammeer kon word nie.

Nul word ook nil, zero of niks genoem.

Nul is:

  • n Heelgetal
  • n Gelyke getal
  • n nie-re:elegetal (maar dit is te moeilik om te verduidelik)

As jy nul by n getal tel of dit daarvan aftrek, bly die getal dieselfde.

As jy nul met enige getal vermenigvuldig is die antwoord nul.

Geen getal kan deur nul gedeel word nie.

Die antwoord is sinloos”

Uit die boek: ‘oor n motorfiets, n zombiefliek en lange getalle wat deur 11 gedeel kan word” geskryf deur Jaco Jacobs (n film met die naam: “Nul is nie niks nie” was ook geinspireer deur die boek.) Ons en die kinders het albei geniet.

Ek het vandag ‘niks’ gedoen. Veral as mens net (naald)werk as “iets” tel. Vandag het ons wel rekenaar-speletjies gespeel en beskuit gebak. So vandag se niks was nie nul nie.

O ja en ek het die “Meyers Briggs” toets gedoen vir die pret, nadat n vriendin vir my hierdie skakel gestuur het:

https://www.16personalities.com

My “uitslag/persoonlikheid” was deur die program opgesom met die volgende aanhaling:

“What do you mean “life is boring?” Are we living on the same planet?”

Nou ja, gepraat van wiskunde, toetse, plante en planete…. laat ek afsluit met die interessante idee wat ek op die internet raak gelees het.

“Plants that perform arithmetical divisions to not starve at night.  The Arabidopsis plant is a mathematical genius….” lees gerus verder by:

https://Amazing.zone/plants-that-perform-arithmetical-divisions-to-not-starve-at-night

 

 

5 thoughts on “Nul, nil, zero, niks, nada, nothing

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s