“Her joys were shared, but her thrills were private”
The above words (unfortunately I cannot remember where I read it and don’t know who to credit) but it more or less sum up my February experiences.
-Apologies to my non-Afrikaans-speaking fellows- tonight I think with my mother-tongue:
Ek het ongelooflike, inspirerende, passievolle mense hierdie maand ontmoet.
Een van hulle was Amanda Strydom. Vanaand wil ek hierdie graag met julle deel:
Een van haar ander opnames getitled: “Die Plukker” – kon ek nie op die internet opspoor om met julle te deel nie, maar hier volg die gedig geskryf deur Deon Opperman:
Die Plukker
Ek sien ’n sonryp perske,
daar doer bo aan ’n tak,
hy groei daar en hy gloei daar,
vol sap en lig gepak.
Ek haal my hoogste trapleer,
want dit moet mens verstaan,
’n plukker moet sy klim ken
as hy ’n boord ingaan.
Ek dra my trapleer na die boom,
en plaas hom net mooi reg,
so met die eerste trapslag
klim ek die aarde weg.
Al hoër en al hoër,
op boontoe na die vrug,
al hoër en al hoër,
my mandjie op my rug.
Verby tak, blaar en wolke,
trap vir trap, dis ver,
verby die maan, verby die son,
verby planeet en ster.
So hoog klim ek dat onder
sien ek die heelal draai,
en bo my kop die goue vrug
waar hemelswinde waai.
Aan die toppunt van my leer
huiwer ek ’n ruk,
dis moeilik, selfs ’n kuns
om so ’n ding te pluk.
Dan reik ek uit en vat hom,
sy sap kan ek al proe,
laat val hom in my mandjie
en dra hom aarde toe.
Dié vrug deel ek met almal,
ek sê: neem, eet en glo.
hierdie stukkie perske
kom uit die boord daarbo.
Die rede waarom ek opsoek was na die bogenoemde, was omdat Amanda tydens haar Nominasie toespraak n roerende gedeelte hieruit opgedra het, na aanleiding van die “trofee”/ beeldhouwerk wat geskep is deur kunstenaar Jaco Sieberhagen:
Elke kunstenaar wat genomineer was vir n Fiesta het so n beeld ontvang!
Ter afsluiting en opsomming: hier volg n kort video vanuit Hugo van Schalkwyk se oogpunt 😉