Oktobermaand

Studio news/blog

Dit is die maand Oktober!

Ek dink die mense vier

Vir ewig in die hemel

Oktobermaand soos hier!

Wat wens jy meer as blomme,

as helder dag en nag?

Wat kan jy beter, mooier

of heerliker verwag?

 

Ek is nog in Oktober!

My tuin is nog so groen,

So wit met al wat mooi is,

met bloeisels van lemoen,

So pragtig in die môre,

so heerlik in die aand!

Ek is nog in Oktober,

die mooiste, mooiste maand!

 

Wat gee ek om die winter?

Wat praat jy nou van Mei?

Wat skeel dit as ons later

weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober,

die mooiste, mooiste maand…: (n gedeelte uit die gedig deur CL Leipoldt)

Ai, ek wens ek kan saam met Leipold stem, maar Oktober is my blouste, blouste maand. En dan praat ons nie eers van die sinus/hooikoors aanvalle nie!

So ek volg maar Antoinette Pienaar se raad:

“Sleurwerkies kalmeer jou. Dit bou keerwalle teen die smart.”

Einste Antoinette het ook gese:

“The reality of dealing with your own shit (in my geval snot) is n lewensbelangrike ding.  As jy eers met jou eie kak vrede gemaak het, val baie ander dinge in plek.”

Meisie met varkore aka Self-portrait as a garden gnome

Intussen het ek erens gelees dat Greta Thunberg (julle weet mos wie dit is) in n vorige toespraak die volgende gese het:

“I have many dreams. But this is the year 2019. This is not the time and place for dreams.”

Liewe genade…okay dit is ietwat uit konteks, sy het ook gese: “The time for fairytales is over!” Later het ek wel die bostaande woorde wel in konteks te siene gekry: https://www.independent.co.uk/voices/greta-thunberg-congress-speech-climate-change-crisis-dream-a9112151.html

Collage (private collection) 

bladsy uit die kinderboek: Agterstevoorland (1971)

“A cynic is a man who, when he smells flowers, looks around for a coffin” -Unknown

Nou ja liewe mens, op daardie nooit groet ek eers…

O, maar voor ek vergeet…ek het n nuwe woord geleer: EUCATASTROPHE !

Die woord is blykbaar deur J.R.R Tolkien geskep en dit beteken:

A happy ending!

Ons gesels, Deo volente, weer in November.

February Fiesta 2017

Studio news, Studio news/blog

“Her joys were shared, but her thrills were private”

The above words (unfortunately I cannot remember where I read it and don’t know who to credit) but it more or less sum up my February experiences.

-Apologies to my non-Afrikaans-speaking fellows- tonight I think with my mother-tongue:

Ek het ongelooflike, inspirerende, passievolle mense hierdie maand ontmoet.

Een van hulle was Amanda Strydom. Vanaand wil ek hierdie graag met julle deel:

Een van haar ander opnames getitled: “Die Plukker” – kon ek nie op die internet opspoor om met julle te deel nie, maar hier volg die gedig geskryf deur Deon Opperman:

Die Plukker

Ek sien ’n sonryp perske,

daar doer bo aan ’n tak,

hy groei daar en hy gloei daar,

vol sap en lig gepak.

Ek haal my hoogste trapleer,

want dit moet mens verstaan,

’n plukker moet sy klim ken

as hy ’n boord ingaan.

Ek dra my trapleer na die boom,

en plaas hom net mooi reg,

so met die eerste trapslag

klim ek die aarde weg.

Al hoër en al hoër,

op boontoe na die vrug,

al hoër en al hoër,

my mandjie op my rug.

Verby tak, blaar en wolke,

trap vir trap, dis ver,

verby die maan, verby die son,

verby planeet en ster.

So hoog klim ek dat onder

sien ek die heelal draai,

en bo my kop die goue vrug

waar hemelswinde waai.

Aan die toppunt van my leer

huiwer ek ’n ruk,

dis moeilik, selfs ’n kuns

om so ’n ding te pluk.

Dan reik ek uit en vat hom,

sy sap kan ek al proe,

laat val hom in my mandjie

en dra hom aarde toe.

Dié vrug deel ek met almal,

ek sê: neem, eet en glo.

hierdie stukkie perske

kom uit die boord daarbo.

Die rede waarom ek opsoek was na die bogenoemde, was omdat Amanda tydens haar Nominasie toespraak n roerende gedeelte hieruit opgedra het, na aanleiding van die “trofee”/ beeldhouwerk wat geskep is deur kunstenaar Jaco Sieberhagen:

Title:"Hou van aan jou drome"

Title:”Hou vas aan jou drome”

Elke kunstenaar wat genomineer was vir n Fiesta het so n beeld ontvang!

Ter afsluiting en opsomming: hier volg n kort video vanuit Hugo van Schalkwyk se oogpunt 😉