…maar wie was/is Herrie?

Die storie rondom Herrie se portret begin by hierdie foto.

maar die meisie skort n masker.

Intussen, na my laaste blogpost, vind ek uit dat CJ Langenhoven en ek op dieselfde dag gebore was (maar net met n skamele 104 jaar verskil tussen ons.) Die internet beskryf hom so:
“Considered one of the most versatile writers in Afrikaans, he was a master of the short form of prose and is best remembered for his humorous and satirical works, illustrated by a nonsense-verse “love poem” he wrote for his dog. Langenhoven was well known for his sharp wit and gentle manner. He owned an imaginary elephant named Herrie (“Harry”) that appeared in many of his stories. He even carved its name onto a boulder next to the N12 highway near Meiringspoort (outside Oudtshoorn) in 1929. This boulder known as Herrie’s Stone (“Herrie se Klip”, in Afrikaans), has been declared a provincial heritage site.”
Ek dink ons sou dalk goed oor die weg gekom het;-)
Maar ek moet bieg. Wanneer ek die naam CJ Langenhoven hoor, dink ek nie dadelik aan hom as digter of as die een wat die Stem geskryf het nie, maar ek dink en wonder oor hoe sy ‘imaginary pet’ olifant Herrie sou gelyk het?

Dalk soos n Afrikaner nooi met n masker wat mens laat dink aan Ganesha (alhoewel Ganesha gewoonlik rooi uitgebeeld word), maar blou is mos ook vir meisies;-))

Ook maar goed dat Ganesha onder andere bekend staan as die ‘remover of obstacles‘
en dit was ook vir my interessant om uit te vind dat die feeste wat gewoonlik gepaart gaan met Ganesha, gewoonlik plaasvind in Augustus/September.
“Festivals associated with Ganesh are Ganesh Chaturthi or Vināyaka chaturthī in the śuklapakṣa (the fourth day of the waxing moon) in the month of Bhadrapada (August/September)“
Gepraat van Feeste…..Herrie se portret gaan n debut maak by die Hessequa Harmonie fees vanaf 21-25 September 2021. Ek en mede kunstenaar Nadine Hansen is genooi deur die Hessequa Kuns roete om hierdie jaar n gesamentlike uitstalling aan te bied by die Heidelberg Hotel.
Ek stuur binnekort die uitnodiging.
Groete. Hannalie.