RSG-Kuns (Mother.Monster.Stitch)

press, Studio news/blog

Kurator, Karolien van Zyl, gesels môre aand (6 Januarie 2026) met Christelle Webb-Joubert tydens RSG-Kuns, oor Mother.Monster.Stitch wat nou te sien is by Berman Contemporary in Kaapstad.

Skakel gerus in op Radio Sonder Grense (RSG 100-104 FM) Dinsdag aand tussen 8 en 9 pm!

Indien jy die regstreekse uitsending misgeloop het, kan jy weer daarna luister as ‘n potgooi:

2026 – Voorspoed!

Art portfolio- my work, Studio news/blog

Mense dink aan ballonne as lig en opgewek.  Maar hulle is eintlik klein houers van drukking.  Net soos ons. Ek het hulle begin naai omdat ek van hulle broosheid gehou het.  Een verkeerde steek en hulle sal bars.

Elkeen het ń emosie geword waarvoor ek nog nie woorde voor gehad het nie: Vrees, irritasie, verveeldheid, hoop, daardie gevoel om opgeblaas te voel. Hulle is snaaks, maar nie skadeloos nie.  

Miskien is dit hoekom ek van ballonne hou.  Hulle gee nie voor om sterk te wees nie.  Hulle hou alles net bymekaar solank as wat hulle kan.

This wife looks happy because she is on her second glass of wine 2025 archival print on board, thread, and rubber (framed)

Haar gesig het in ń skedel verander – maar nie ń vreesaanjaende een nie.  Ek het dit in helder, lekkerny kleure genaai, erens tussen ń suiker skedel en ń partytjie versiering.

Hierdie vrou lyk gelukkig want sy het al ń tweede glasie wyn in.  Ek het die title gebou uit stukkies woorde, soos iets wat jy sou sien in ń leefstyl artikel of hoor by ń braai. 

Dit is snaaks maar ook n bietjie hartseer.  Daardie stil gewoontes waarmee vroue oorlewing en kalmte probeer beheer. Daardaardie tweede glas –  net genoeg om die ‘happy wife’ gelukkig te hou… vir nog ń dag.

Uithou en aanhou! Beste wense vir ń voorspoedige 2026!

Fotos van my werke danksy die gallery Berman Contemporary.

Sometimes the wife needs a break 2025 Archival print on board, thread and rubber

‘Sometimes the wife needs a break’ (Mother.Monster.Stitch)

Art portfolio- my work, portfolio
"Sometimes the wife needs a break"
“Sometimes the wife needs a break” 2025

Ek dink aan hierdie een as haar middagslapie – of miskien haar ontvlugting. Die ou foto het reeds so stil en rustig gevoel; maar ek wou haar nie wakker maak nie. Ek het die masker in stadige groen genaai , soos asem.

Almal se vrouens het ‘n breek nodig, maar wat hulle eintlik bedoel is:  haal asem en gaan net aan. Ek wou eintlik hê sy moes stop.  Net vir ‘n oomblik, sy hoef nie meer enige iets voor te gee nie.

See you in 2026! 😉🙌😅😴👯‍♀️✨

Mother.Monster.Stitch now showing at Berman Contemporary in Cape Town South Africa until 22 February 2026. For more info contact gallery @bermancontemporary.co.za

‘Fees van die Aangenaaides’ (MOTHER.MONSTER.STITCH)

Art portfolio- my work, portfolio
Fees van die aangenaaides. (Archival print on board, textiles, thread and rubber) Photograph of the work courtesy of Berman Contemporary

Hierdie foto het reeds soos ‘n teater stel gelyk – almal glimlag net reg, en staan doodstil. Ek het gewonder, wat as ek dit verander in ‘n partytjie wat dit voorgee om te wees. Die maskers het een vir een gevolg – laggend, skreeuend, te veel tande wat wys.  Die blomme het begin oorneem.  Hulle doen meestal.  Die aangenaaides. Die aangestiktes. Die ongeskiktes.

Ek hou van die idee dat nie almal in die prent behoort nie. Dat ons almal maar net probeer om tred te hou met die opvoering.  Dit is snaaks maar ook ietwat spookagtig. ‘n Familie portret wat uiteindelik erken hoeveel moeite dit vat om gelukkig te lyk.

Beste wense vir ‘n wonderlike fees-seisoen saam met jul aangenaaides 😉

*Photos of my work courtesy of Berman Contemporary