
Hierdie foto het reeds soos ‘n teater stel gelyk – almal glimlag net reg, en staan doodstil. Ek het gewonder, wat as ek dit verander in ‘n partytjie wat dit voorgee om te wees. Die maskers het een vir een gevolg – laggend, skreeuend, te veel tande wat wys. Die blomme het begin oorneem. Hulle doen meestal. Die aangenaaides. Die aangestiktes. Die ongeskiktes.
Ek hou van die idee dat nie almal in die prent behoort nie. Dat ons almal maar net probeer om tred te hou met die opvoering. Dit is snaaks maar ook ietwat spookagtig. ‘n Familie portret wat uiteindelik erken hoeveel moeite dit vat om gelukkig te lyk.
Beste wense vir ‘n wonderlike fees-seisoen saam met jul aangenaaides 😉
*Photos of my work courtesy of Berman Contemporary

