
Mense dink aan ballonne as lig en opgewek. Maar hulle is eintlik klein houers van drukking. Net soos ons. Ek het hulle begin naai omdat ek van hulle broosheid gehou het. Een verkeerde steek en hulle sal bars.
Elkeen het ń emosie geword waarvoor ek nog nie woorde voor gehad het nie: Vrees, irritasie, verveeldheid, hoop, daardie gevoel om opgeblaas te voel. Hulle is snaaks, maar nie skadeloos nie.
Miskien is dit hoekom ek van ballonne hou. Hulle gee nie voor om sterk te wees nie. Hulle hou alles net bymekaar solank as wat hulle kan.

Haar gesig het in ń skedel verander – maar nie ń vreesaanjaende een nie. Ek het dit in helder, lekkerny kleure genaai, erens tussen ń suiker skedel en ń partytjie versiering.
Hierdie vrou lyk gelukkig want sy het al ń tweede glasie wyn in. Ek het die title gebou uit stukkies woorde, soos iets wat jy sou sien in ń leefstyl artikel of hoor by ń braai.
Dit is snaaks maar ook n bietjie hartseer. Daardie stil gewoontes waarmee vroue oorlewing en kalmte probeer beheer. Daardaardie tweede glas – net genoeg om die ‘happy wife’ gelukkig te hou… vir nog ń dag.
Uithou en aanhou! Beste wense vir ń voorspoedige 2026!
Fotos van my werke danksy die gallery Berman Contemporary.










































